Tshwane sal nie onder administrasie geplaas word nie – DASeptember 5, 2023

Die DA sê hy sal enige pogings van die Gautengse regering om die Stad Tshwane onder administrasie te plaas, met mag en mening beveg. Dienslewering in die Tshwane-metro word weke lank al lamgelê weens ‘n onwettige staking deur die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond. ‘n DA-woordvoerder, Kwena Moloto, sê dit word baie duidelik dat die ANC/EFF-koalisie dienslewering belemmer en inwoners se lewens ontwrig omdat hulle Tshwane onder administrasie wil plaas: