Batswana op Aminuis soek meer grond
Die leier van die Batswana Ba Namibia op Aminuis in die Omaheke-streek, Andrew Mongwaketsi Kgosiemang sê sy mense het meer grond nodig namate die stam groei. Hy sê hy is gereed om die land se leiers raad te gee oor die grondkwessie. Hy sê in die vroeë 1980’s het die Batswana administratiewe owerheid tien plase rondom Tsjaka gekoop wat aan Batswana boere toegeken is. Mense van ander stamme is ook ingesluit en programme is begin om die destydse kommunale boere na kommersiële boere om te skakel. Van die boere het wel kommersieel geword maar daar is na meer as 30 jaar steeds verwarring oor of die gebied kommunaal is of vir hervestiging gebruik word en dit het ‘n probleem geword aangesien hulle nie baat by baie projekte wat aan kommunale gebiede en hervestigde boere gegee word nie.