Wetteloosheid in Jhb-sakekern moet aangespreek word

RISE Mzansi vra ‘n samewerkingspoging tussen die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag om sistemiese korrupsie en wetteloosheid in Johannesburg se middestad te bekamp. Die party veroordeel verhuurders wat arm mense en buitelandse burgers uitbuit deur afpersing en intimidasie. Die organisasie dring aan op ‘n omvattende benadering om misdadige bendes te pak en voldoende behuising vir kwesbares te verskaf. Makashule Gana van RISE Mzansi glo die eerste en belangrikste verantwoordelikheid van die staat is om die lewens van alle burgers te beskerm: