Reaksie op ‘klieklose name’ by binnelandse sake

Reaksie word ontvang op media-berigte dat die ministerie van binnelandse sake nie inheemse name wat ‘n ‘kliek’ bevat kan registreer nie. Volgens wat berig word, is die besluit geneem om administratiewe prosesse meer vaartbelyn te maak en eenvormigheid te handhaaf. Maar, Namibiërs het tale wat klieks bevat en vrae word gevra oor basiese regte. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum oor die kwessie gepraat.