Trustco kondig 90-dag venster aan vir terugkoop van aandele

Die Trustco-groep het ‘n aandele terugkoop-program aangekondig. Dit word uitgevoer gedurende sy geslote tydperk wat vandag begin. Luidens ‘n verklaring kan Trustco of ‘n filiaal tot net meer as 197 000 000 aandele direk, of net minder as 99 000 000 aandele via ‘n filiaal terugkoop, onderhewig aan noteringsvereistes van die Johannesburg effektebeurs. Die program sal geïmplementeer word to rondom 30 November vanjaar, by die vrystelling van die maatskappy se jaarlikse geouditeerde finansiële resultate. Enige terugkoop van aandele sal teen tot 10 persent bo die vorige vyf-dae volume-geweegde gemiddelde prys van Trustco-aandele. ‘n Makelaar is aangestel om die terugaankope uit te voer.