Lesufi sê oorsaak van Jhb-brand word nog bepaal

Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê hy sal in samewerking met die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, ‘n komitee aanstel om die dodelike brand in die Johannesburgse middestad te ondersoek. Die brand in ‘n vyfverdieping-gebou in Marshalltown het gister in die vroeë oggendure 74 lewens geëis. Minstens 12 van die slagoffers was kinders. Lesufi sê die komitee sal vasstel hoeveel gekaapte geboue in die stad is, wie verantwoordelikheid moet neem, en die provinsiale regering toelaat om die ware oorsaak van die voorval te bepaal.