Ramaphosa besoek brandtoneel

President Cyril Ramaphosa is op pad na die toneel van ‘n brand in Johannesburg, waar minstens 73 mense vanoggend dood en meer as 50 beseer is. Dit is nie duidelik hoeveel mense in die vyfverdieping-gebou gebly het nie, aangesien die gebou onwettig bewoon is. Ramaphosa sou Suid-Afrikaners aanvanklik vanaand toegespreek het om terugvoer te gee oor die Brics-beraad en die sogenaamde Lady R-verslag, maar volgens die Presidensie is die konferensie in die lig van die brand gekanselleer. Intussen het ActionSA se leier, Herman Mashaba, gesê die brand is ‘n saak van strafbare manslag. Die voormalige burgemeester het sê die brand kon verhoed gewees het.