NDB en KfW onderteken klimaatslening van N$600 miljoen
Die Ontwikkelingsbank van Namibië en KfW Ontwikkelingsbank het ‘n tweede konsessie-lening van ongeveer 600 miljoen Namibiese dollar onderteken. Die lening sal aangewend word vir die ontwikkeling van klimaatverwante infrastruktuur-projekte, insluitend dié wat gefokus is op hernubare energie, water en lae-koolstofvervoer. Die befondsing is bykomend tot die sowat 240 miljoen dollar-ooreenkoms wat in Desember 2018 onderteken is. Dit is suksesvol aangewend om privaat maatskappye te ondersteun in die vestiging van sonkrag-infrastruktuur. Die hoof uitvoerende beampte van die Ontwikkelingsbank van Namibië, Martin Inkumbi, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…