Macron: Franse ambassadeur bly in Niger

Die militêre junta wat verlede maand beheer van Niger in Wes-Afrika oorgeneem het, sê die Franse ambassadeur Sylvain Itte, het nie meer diplomatieke immuniteit in die land nie. Die polisie het opdrag ontvang om hom uit die land te skop. Die junta het die diplomaat verlede week beveel om die land binne 48 uur te verlaat, omdat hulle ontevrede was met die optrede van die Franse regering. Die Franse President Emmanuel Macron het egter aan die media gesê die ambassadeur sal steeds in Niger bly, ondanks die bevele van die junta.