Mededingingskommissie vergader oor verfmaatskappye

Die Namibiese Mededingingskommissie het ‘n konferensie in Windhoek gehou oor die voorgestelde verkryging van Kansai Plascon Africa Limited en Kansai East Africa Proprietary Limited. Kansai Plascon Africa Limited is ‘n filiaal van Kansai Paint, ‘n Japannese multinasionale maatskappy wat verf en deklaag-produkte wêreldwyd vervaardig en verkoop, hoofsaaklik in Namibië, Botswana, Eswatini, Malawi, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe. Die voorgestelde verkryging is ook ondersoek deur die Mededingingskommissie van Suid-Afrika. Dina Gowases, korporatiewe kommunikasiepraktisyn by die Namibiese kommissie het met Kosmos 94. 1 Nuus gepraat…