Trustco Bank se dringende aansoek vandag aangehoor
Die Trustco-groep se dringende aansoek in die Windhoekse hoërhof teen die opskorting van sy banklisensie op 18 Augustus deur die Bank van Namibië is weer vanoggend voor regter Boas Usiku. Die sentrale bank het na oorleg met die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, besluit om die magtiging van Trustco Bank om as bankinstelling te funksioneer, op te skort. Die uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen, versoek Usiku dat Trustco Bank se tydelike skorsing opgehef word. Die partye het hoofargumente ingedien en die saak sal na verwagting vandag verhoor word.