Venaani sê Zim-verkiesings is ‘n skande

Die president van die PDM-party, McHenry Venaani, het homself sterk uitgespreek teenoor die verkiesings in Zimbabwe. Hy sê dit is ‘n skande wat in die buurland plaasgevind het en beskryf dit as ‘n ‘smash and grab poll’, wat hy sê end moet kry. Venaani sê die ouderlings raad van die SAOG moet intree en gesonde, gebalanseerde politiek na die tafel bring om die dooiepunt in die land op te los. Hy voeg by dat die mense van Zimbabwe lank genoeg gely het. Sy aanmerkings kom nadat President Hage Geingob groot kritiek uitgelok het omdat hy sy Zimbabwiese eweknie, Emmerson Mnangagwa gelukgewens het met sy oorwinning, na die SAOG, AU en EU waarnemerspanne kommer oor die vryheid van die verkiesings uitgespreek het.