Delta word vinnig dominante variant in buurland

President Cyril Ramaphosa sê die vinnige verspreiding van die Covid-19-Delta-variant is ‘n groot bron van kommer. Hy het aangekondig dat die land na ‘n aangepaste vlak-vier inperking beweeg weens die toename in die aantal Covid-19-gevalle. Die variant is in vyf provinsies opgespoor – die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Ramaphosa sê daar is bewyse dat die Delta-variant vinnig besig is om die Beta-variant te verdring: