Gesondheidstelsels is ongelyk, kwesbaar

Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê die ANC-regering is daartoe verbind om wetgewende maatreëls te ontwikkel en in te stel wat die gereedheid, voorkoming, reaksie op en herstel tydens pandemies betref. Die minister was deel van ‘n gesprek wat ‘n moontlike Afrika-unie- en Brics-samewerkingsraamwerk hieroor bespreek het. Phaahla sê ongelykhede in baie lae- en middel-inkomstelande, kwesbare gesondheidstelsels, en onvoldoende finansiering bedreig wêreldgesondheid se gereedheid vir pandemies.