Natalie se ouers sal saam vir haar moord verhoor word

Hoërhofregter Philanda Christiaan sal vandag ‘n aansoek aanhoor om die twee moordsake in verband met die gru-dood van die nege-jarige Natalie Chipomho saam te voeg. Die sake van Natalie se ma Rachel Kureva en die van haar pa Edward Nkata en sy vrou Caroline, is steeds as twee op die rol. Natalie is in Januarie 2020 half verbrand in ‘n asdrom in Windhoek-Noord gevind. Kureva is eers gevrywaar maar, sy is in Januarie vanjaar weer in hegtenis geneem na getuienis in die moordverhoor van Natalie se pa bekom is wat haar by Natalie se dood betrek.