Verbod op vollengte Moslem-kleed, abaya, in Franse staatskole ingestel

Frankryk se minister van onderwys, Gabriel Attal, het ‘n verbod aangekondig op die dra van die lospassende, vollengte Moslem-kleed, bekend as ‘n abaya, in staatsbeheerde skole. Met die stap wil die regering sekularisme in skole bevorder en die identifisering voorkom van studente se godsdiens-affiliasies op grond van hul kleredrag. Die besluit het ‘n groot debat oor godsdiens-drag ontketen. Volgens Attal is die besluit deel van voortdurende pogings om godsdiens-uitdrukking binne openbare instellings te balanseer. Frankryk het vroeër reeds Moslemvroue verbied om kopdoeke en jihabs te dra.