Net ‘n derde van Rundu-inwoners betaal rekenings

Plaaslike media berig dat Rundu se waterrekenking vanaf 76 miljoen Namibiese dollar in September 2019 tot 200 miljoen dollar in Junie vanjaar gestyg het. Onder die redes is dat net ‘n derde van inwoners op die dorp hul waterrekenings betaal en dus kan Rundu nie sy skuld by NamWater vereffen nie. Sam Nekaro, die dorpsraad se finansiële bestuurder sê inwoners op die dorp, wat 15 000 rekeninghouers in totaal beslaan, skuld die dorpsraad 346 miljoen dollar. Terwyl die gedwonge watervoorsiening tydens Covid bygedra het tot die skuld, is dit reeds ‘n jarelange uitdaging regoor die land.