Geingob sê dis tyd dat Kuba en VSA vrede maak
Die 33ste Heldedag-herdenking het by die Onafhanklikheid-stadion in Windhoek plaasgevind met die President van Kuba, Miguel Diaz-Canel Bermudes, wat President Hage Geingob se eregas was. Geingob het Namibiese vryheidsvegter bedank, asook die Kubaanse regering vir hul onbaatsugtige hulp tydens en ná die vryheidstryd. Hy het gesê Kuba het geen goud of diamante geëis nie…
Geingob het gesê dit is tyd dat Kuba en Amerika die strydbyl begrawe en vrede maak.