Olifante beskadig daagliks Veterinêre Kordonheining

Mens-olifant-konflik is ‘n groot uitdaging in Namibië met boere en gemeenskappe wat reuse-skade weens die grootvoete ly. Die Vleisraad van Namibië het sy bydraes verhoog om die direktoraat van veeartsenydienste in die landbouministerie te ondersteun met die instandhouding van die Veterinêre Kordonheining. Vier persone is in die instandhoudingspan aangestel met die doel om die huidige veeartsenydiens-spanne by te staan met die instandhouding van die geëlektrifiseerde gedeeltes van die heining. Die Vleisraad finansier die elektrifisering. Die Namibiese Landbou-unie sê Namibië se olifantbevolking het tot so ‘n mate gegroei dat skade aan die heining daagliks gebeur, en die enigste manier om die skade te voorkom, is deur die elektrifisering van die heining. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Gouws, ‘n boer van Kamanjab gesels…