Chinese maatskappye skep glo werk vir 10 000 Namibiërs
Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, het gesê daar is tans 56 Chinese maatskappye wat in Namibië werksaam is en ‘n totaal van sowat 1 700 Chinese burgers. Die meerderheid van hierdie Chinese burgers is eienaars van klein besighede van verskillende soorte, wat volgens die ambassadeur meer as 10 000 werksgeleenthede vir die Namibiërs geskep het. Kosmos 94.1 Nuus het met George Kambala, ‘n AR-aktivis, gepraat wat sê het dat dit onmoontlik is dat die Chinese soveel werksgeleenthede in die land geskep het…