Ekonome kritiseer omstrede beleggings-wetsontwerp

Die omstrede nuwe beleggings-wetsonwerp bly in die nuus. Die Namibiese handelsminister, Lucia Iipumbu het teruggekap teen kritiek oor die beperkte konsultasie-periode wat toegelaat is vir die nuwe beleggings-wetsontwerp. Die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging sê hy is nie in kennis gestel oor enige openbare konsultasie nie en rolspelers is ook net vier dae gegee om insette te lewer. Ander ekonome het ook oor die kwessie gekla, maar die minister sê konsultasies is regdeur die jaar in al 14 streke gehou met talle advertensies wat geplaas is en meer. Sy sê die nuwe beleggingsbeleid sal ‘n bevorderlike sake-omgewing in Namibië skep om ten volle voordeel te trek in verband met hernubare energieë. Ekonoom Gabriel Erastus het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat Namibiërs moet werk om hulpbronne te besit eerder as om net mense te soek om werk te skep…