DA bekommerd oor toelating van Iran, Saoedi-Arabië tot Brics
Die DA sê hy is besorg oor Iran en Saoedi-Arabië se toelating tot Brics. Die Brics-lande – Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika – het Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate genooi om in Januarie volgende jaar volwaardige lede van die blok te word. Louise Powell van die DA sê die toelating van Iran en Saoedi-Arabië, wat deur outoritêre regimes met totalitêre neigings regeer word, kan lei tot ‘n bekrompe, onderdrukkende en outokratiese benadering tot buitelandse betrekkinge en handel.