Sokker: Spaanse sokkerhoof in die sop oor soen

Sokker: Die president van Spanje se nasionale beheerliggaam, Luis Rubiales, gaan voor ‘n  tugverhoor van die wêreldbeheerliggaam, Fifa, verskyn nadat hy een van sy land se vroulike spelers op die mond gesoen het ná hul Wêreldbeker-oorwinning. Dit het gebeur toe hy die spelers se goue medaljes oorhandig het ná hul oorwinning van 1-0 oor Engeland in die eindstryd in Sydney, Australië. Die speler, Jenni Hermoso, het daarna gesê sulke dade mag nooit ongestraf bly nie. Rubiales het aanvanklik gesê die wydverspreide kritiek is onsinnig, maar later om verskoning gevra.