DRK-vlugtelinge in Namibië keer terug

Altesaam 96 vlugtelinge uit die Demokratiese Republiek van die Kongo sal vrywillig van Namibië af huis toe vlieg ná suksesvolle onderhandelings tussen die regerings van Namibië en die DRK, in samewerking met die Verenigde Nasies se vlugtelings-agentskap. Terwyl konflik voortduur in die oostelike dele van die DRK, sal hierdie groep vlugtelinge na die hoofstad Kinshasa en Lubumbashi terugkeer. Die vlugtelinge sê dat hulle opgewonde is om hul lewens ná jare in ballingskap in hul geboorteland te hervat. Margaret Kalo, woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…