Tevredenheid oor ses nuwe Brics-lande

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Moeletsi Mbeki, keur die ses lande goed wat vir die uitbreiding van Brics gekies is. President Cyril Ramaphosa het vandag aangekondig Argentinië, Ethiopië, Egipte, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate sal hulle vanaf 1 Januarie volgende jaar by die Brics-groepering aansluit. Hy sê dit is die eerste fase van die uitbreidingsproses en ander fases sal volg. Mbeki sê die uitbreiding gaan ook oor gemeenskaplike valuta-handel.