Ses lande genooi om by Brics aan te sluit
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika, Brasilië, Rusland, Indië en China het ‘n ooreenkoms bereik oor die riglyn-beginsels, standaarde, kriteria en prosedures van die Brics-uitbreidingsproses. Hy het vandag die uitkomste van die 15de Brics-beraad in Johannesburg bekend gemaak. Ramaphosa sê ses lande, insluitend twee Afrika-lande, is genooi om vanaf 1 Januarie volgende jaar volwaardige lede van Brics te wees.