Brand in hoofstad geblus

‘n Brand wat vanoggend in die Arrebusch-rivierbedding in Hochlandrand gewoed het, het groot rookwolke veroorsaak, maar is onder bedwang. Brandbestryders van die Otjomuise-brandweerstasie is op die toneel en tans besig met nasorg. Terwyl almal wag vir die eerste reën, wat blykbaar in September sal kom, is die risiko vir veldbrande, sowel as brande in stedelike gebiede, uiters hoog. Kosmos 94.1 Nuus het met Phillipus Sikongo van Stad Windhoek se brandweer gesels oor raad om brande te voorkom.