Prigozhin: ‘Revenge is a dish best served cold’
Amerika se President Joe Biden het bespiegel dat die Russiese President, Vladimir Putin, moontlik agter die vliegongeluk naby Moskou sit waarin tien mense dood is. Die paramilitêre Wagner-groep se hoof, Yevgeny Prigozhin wat ook op die passasierslys was, is volgens berigte dood. Die ongeluk het plaasgevind twee maande nadat Prigozhin teen die land se militêre leierskap in opstand gekom het. Volgens berigte het ‘n Russiese lugafweermissiel die vliegtuig afgeskiet terwyl dit van Moskou na St. Petersburg op pad was. Biden sê hy is nie verbaas dat Prigozhin moontlik ‘n teiken was nie.
Intussen het Bill Burns, die hoof van die Amerikaanse Sentrale Intelligensie-agentskap, Woensdagaand, voor die ongeluk, die kommentaar by ‘n geleentheid gegee.