NAC ontken Paragon is nie gesertifiseer
Die Namibiese Lughawensmaatskappy het in ‘n mediaverklaring vir Paragon Aviation rakende sy sertifisering en kapasiteit as nuwe grondhanteringsmaatskappy by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe verdedig. Die uitvoerende hoof van die lughawensmaatskappy Bisey /Uirab het bevestig dat Paragon se relevante sertifisering by die Namibiese Burgerlike Lugvaart-owerheid gedokumenteer en beskikbaar is. Intussen het South African Airways vandag aangekondig dat ‘n tydelike embargo wat op uitgaande en inkomende vrag op die lughawe geplaas is, opgehef is met onmiddellike effek