Putin sê Brics gaan wêreldmag meer ewerig versprei

Die President van Rusland, Vladimir Putin het aan die ander Brics-leiers gesê die groeiende invloed van die Brics-groepering, gaan daartoe lei dat wêreldmag meer eweredig versprei word. Een van die gesprekspunte is oor die moontlikheid van ‘n nuwe geldeenheid vir Brics-lede. Putin het afgevaardigdes van die Brics-beraad deur ‘n video-verbinding toegespreek. Hy het benadruk dat hy gekant is teen die invloed van die Groep van 7, die sterkste wêreld-ekonomieë. Hy het beloof dat hy Brics volgende jaar onder Russiese voorsitterskap sal versterk, deur voort te bou op die implementering van strategieë soos die Brics-ekonomiese vennootskap 2025.