Geen stembriewe by sommige stempunte in Harare

Kommer is deur verkiesingswaarnemers in Zimbabwe uitgespreek oor verkiesingsmateriaal wat laat opgedaag het vir vandag se verkiesing in Zimbabwe. Ondanks vertragings, stadige internet en geen stembriewe by sommige stemlokale, word berig dat die verkiesing vreedsaam verloop. Die politieke aktivis in die buurland, Setfree Mafukidze, het met Kosmos 94.1 gepraat en sê dat daar blykbaar massiewe verkiesingsbedrog plaasvind, met sommige stempunte in die hoofstad Harare wat etlike ure sedert die stembus geopen het nog nie stembriewe ontvang het nie.