Vonnis van moordenaars van fluitjieblaser verwelkom
Die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland verwelkom die vonnisoplegging van ses mans wat betrokke was by die moord op die waarnemende finansiële hoof van die Gautengse gesondheidsdepartement, Babita Deokaran. Die hooggeregshof in Johannesburg het die mans tot tussen ses en 22 jaar tronkstraf gevonnis ná ‘n pleitooreenkoms met die Nasionale Vervolgingsgesag. Deokaran het finansiële onreëlmatighede ter waarde van 850 miljoen Suid-Afrikaanse rand by die Tembisa-hospitaal oopgevlek. Die woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die eenheid ondersoek tans sekere van die departement se kontrakte, insluitend die opknapping van die AngloGold Ashanti-mynhospitaal vir Covid-doeleindes.