Tydelike embargo op SAA-vrag by HKIA opgehef
South African Airways het aangekondig dat ‘n tydelike embargo wat op uitgaande en inkomende vrag op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe geplaas is, opgehef is met onmiddellike effek . Die impak van die embargo op vragbedrywe by die lughawe is geweldig met Airlink, Qatar Airways, Eurowings Discover en Ethiopian Airways, asook die Suid-Afrikaanse vrag-agentskap en bestuursdiensverskaffer ATC Aviation wat almal vrag-bedrywighede na en van lughawe opgeskort het. Paragon Aviation beskik volgens berigte nie aan die sertifisering om vrag te hanteer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Fritz Kaufmann, bestuurder van sake-ontwikkeling by Transworld Cargo, gesels…