Osino soek beleggers, noteer op NSX
Die Kanadese mynreus Osino Resources sal Dinsdag sy notering op die Namibiese-aandelebeurs aankondig by glansgeleentheid in die hoofstad. Die maatskappy het in Julie die Ondundu-goudeksplorasie gebied van B2 Gold vir net meer as 243 miljoen Namibiese dollar bekom en poog om die land se voorste goudprodusent te word. Beleggers word ook uitgenooi om die geleentheid by te woon.