Brittanje plant sy eerste baarmoeder oor
Chirurge het Brittanje se eerste baarmoeder-oorplanting in die Churchill-hospitaal in Oxford uitgevoer. ‘n Veertigjarige ma van twee kinders het besluit om haar 34-jarige suster te help wat sonder ‘n uterus gebore is. Meer as 90 baarmoeder-oorplantings is al oor die wêreld heen uitgevoer, onder meer in Swede, Amerika, Saoedi-Arabië, Turkye en China, waarvan die meeste van ‘n lewende skenker. Een van die hoof-chirurge, Isabel Quiroga, sê dit is die begin van ‘n nuwe era in vrugbaarheidsbehandeling: