Menzies dien wéér ‘n hofaansoek teen NAC, Paragon in
Die hof-sage oor die vrag- en grondhanteringsdienste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe duur voort. Menzies Aviation het vandag weer ‘n aansoek in die Windhoekse hoërhof teen onder meer die Namibiese Lughawensmaatskappy, Paragon Investment Holdings in vennootskap met Ethopian Airlines en die Namibiese Burgerlike Lugvaart-owerheid gebring. Dit behels die verbod van die lughawensmaatskappy om Menzies by die lughawe uit te sit sonder dat ‘n geldige en wettige lasbrief van uitsetting verkry en uitgereik is ná die hofbevel op 8 Augustus. Menzies het ook die Windhoekse regsfirma Viljoen and Associates aangestel om voort te gaan met die hofprosedures.