Cross: Ekonomie nie so sleg in Zimbabwe

Zimbabwiërs sal môre stembus toe gaan om in die presidensiële en algemene verkiesing te stem. Die verkiesing vind plaas midde Zimbabwe se sukkelende ekonomie, insluitend ‘n onstabiele geldeenheid wat die afgelope maand met meer as 50 persent teenoor die Amerikaanse dollar gedaal het. Vir baie Zimbabwiërs lyk die vooruitsigte al hoe meer somber, want 72 persent sê die ekonomiese toestande in hul stad of gebied vererger en 20 persent sê dit verbeter. Dit word weerspieël in uitdagings van werkskepping, met 72 persent wat sê dit is ‘n slegte tyd om werk te kry. Minder as drie uit 10 Zimbabwiërs voel hul lewenstandaarde verbeter, terwyl 62 persent sê dit versleg. Slegs 4 persent sê dat hulle gemaklik op hul huidige inkomste leef, teenoor 44 persent wat sukkel om kop bo water te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross, gepraat…