Cyril: China belê groot in SA energiesektor

President Cyril Ramaphosa het waardering uitgespreek vir China se ondersteuning met belegging in Suid-Afrika se energiesektor. Ramaphosa het ‘n nuuskonfernensie in Pretoria gehou oor die Chinese President, Xi Jinping, se vierde staatsbesoek aan die land. Hy sê China het nood-kragtoerusting ter waarde van 170 miljoen Suid-Afrikaanse rand geskenk. Ramaphosa het China ook geprys omdat hy 500 miljoen rand aan Suid-Afrika voorsien het om verskeie ontwikkelingsprojekte te ondersteun. Ramaphosa sê Xi se besoek dui op die versterking van diplomatieke en ekonomiese betrekkinge tussen die twee nasies.