Johannesburg sê alles is in plek vir Brics-beraad

Die Stad Johannesburg sê hy is gereed om die 15de beraad van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika aan te bied wat vandag in Sandton begin en tot Donderdag duur. Meer as 30 staatshoofde sal die beraad bywoon. Die stad sê ten spyte van die ongerief om geleenthede van hierdie omvang aan te bied, is daar ook talle voordele. Hy sê die beraad sal ekonomiese groei bevorder, samewerking aanmoedig, beleggings lok en geleenthede in die stad, die Gauteng-provinsie, en die res van die land ten toon stel.