Hyphen en GRN reik landswyd uit met inligtingsessies oor projek

Die regering en Hyphen Hydrogen Energy sal die week sy uitreik oor groen-waterstof in die hoofstad hou. Dit kom na verskeie beskuldigings dat die projek in die geheim beplan is en uitgevoer sal word. Die uitreik word landswyd gehou en sal duur tot Oktober. Amptenare sal met verskeie belanghebbendes regoor die land in gesprek tree om inligting te deel oor die Hyphen-projek. Toni Beukes, hoof van die omgewing, en maatskaplike bestuur by Hyphen, het meer besonderhede.