Brics hou groot voordele vir Suid-Afrikaners in
President Cyril Ramaphosa sê die beraad tussen Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika word gehou terwyl die wêreld deur fundamentele uitdagings in die gesig gestaar word, wat die rigting van internasionale gebeure nog vir jare gaan bepaal. Die president het die buurland toegespreek in aanloop tot die 15de Brics-beraad wat van môre tot Donderdag in Johannesburg gehou word. Ramaphosa sê Brics-lede maak saam ‘n kwart uit van die wêreldekonomie wat neerkom op ‘n vyfde van wêreldhandel: