VN bekommerd oor lewering van trosbomme aan Oekraïne

Die Verenigde Nasies se senior ontwapenings-amptenaar, Izumi Nakamitsu, sê wapen- en ammunisie-besendings na Oekraïne het die afgelope paar maande skerp toegeneem met kommerwekkende berigte oor die lewering van verbode trosbomme. Nakamitsu het die VN se Veiligheidsraad ingelig oor die jongste gebeure teen die agtergrond van die Russiese inval in Oekraïne in 2022. Inligting van openbare bronne oor regerings se onlangse wapen-versendings na Kiëf sluit in swaar wapentuig soos gevegstenks, gepantserde gevegsvoertuie, vegvliegtuie, helikopters, grootkaliber-artillerie- en vuurpylstelsels.