Namibië vier 1ste plek in Afrika met geslagsgelykheid

Die inligtingsministerie het met trots aangekondig dat Namibië nommer een in Afrika en agtste wêreldwyd is wat geslagsgelykheid betref. Dit is volgens die Global Gender Gap Report 2023, wat jaarliks deur die Wêreld Ekonomiese Forum saamgestel word. Dit maak Namibië met ‘n telling van 80,2 persent die land met die hoogste geslagsgelykheid in Afrika. In die verslag is gekyk na die opvoedkundige prestasie, ekonomiese deelname en geleenthede, politieke bemagtiging, sowel as gesondheid en oorlewing van lande regoor die wêreld as maatstawwe vir sulke prestasies. Namibië het 100 persent en die eerste plek in opvoedkundige prestasie gekry, asook die eerste posisie in gesondheid en oorlewing met 98 persent.