Krieket: Luus versoek ontheffing van kapteinskap van Proteas

Krieket: Suné Luus het versoek om onthef te word van die kapteinskap van die Proteas, sodat sy op haar spel kan konsentreer. Sy het Suid-Afrika vroeër vanjaar in die eindstryd van die T20 Wêreldbeker aangevoer nadat sy vroeër by die beseerde Dané van Niekerk oorgeneem het. Onderkaptien Chloé Tryon het ook gevra om nie vir volgende maand se toer na Pakistan oorweeg te word nie. Krieket Suid-Afrika sal ʼn kaptein aanwys voor die span volgende Saterdag vertrek. Hoofafrigter, Hilton Moreeng, bly in ʼn waarnemende hoedanigheid aan nadat sy kontrak in Junie verstryk het.