Sokker: Aussies en Swede speel vir brons

Sokker: ʼn Troosprys is vandag op die spel in die wedstryd om die bronsmedalje tussen die mede-gasvrou, Australië, en Swede in die Wêreldbeker vir Vroue. Die twee spanne kom vanoggend om tien-uur Suid-Afrikaanse tyd in Brisbane teen mekaar te staan, na nederlae in die halfeindstryde teen Engeland en Spanje onderskeidelik. Selfs voor vandag se wedstryd en môre se eindstryd, is ʼn toernooirekord reeds opgestel, met ʼn bywoningsyfer van 1,85 miljoen toeskouers. ʼn Nuwe kampioen word môre gekroon aangesien Engeland en Spanje die eerste keer in die eindstryd speel.