Duisende Kanadese moet ontruim weens brande

Duisende inwoners haas om stede van Kanada se noordwestelike gebiede te ontruim waar meer as 200 brande regoor die streek woed. ‘n Noodtoestand is afgekondig in Kelowna, ‘n stad sowat 300 kilometer oos van Vancouver met ‘n bevolking van sowat 150 000. Die ramp het uiters gevaarlike padtoestande veroorsaak en mense staan vir ure in toue vir noodvlugte wat dringend benodig word. Inwoners van Yellowknife, wat die tuiste van sowat 20 000 mense is, is beveel om te ontruim terwyl spanne 236 aktiewe veldbrande in die streek bestry. Die brande in die noordwestelike gebiede is onder die meer as 1 000 brande regoor Kanada.