Regulasies oor staatswaterwerke onder die loep
Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie sê hy praat met belanghebbendes oor insette rondom die konsepregulasies wat verband hou met die toegang tot en gebruik van staatswaterwerke, staatsdamme en omliggende grond in staatsbesit vir ontspanningsdoeleindes. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê die samesprekings het ten doel om te verseker daar is deursigtigheid en om belanghebbendes ‘n geleentheid te bied om ‘n invloed te hê op wat die departement beoog om te bereik met die regulasies voor die bekendmaking daarvan.