Bitcoin daal skerp, laagtepunt van twee maande bereik

Die kripto-geldeenheid Bitcoin het vandag ‘n nuwe laagtepunt van twee maande bereik met ‘n reuse-daling van 7,2 persent wat Donderdag aangeteken is, die grootse sedert November 2022. Markte is getref deur ‘n vlaag verkope, met Wall Street se hoofindekse wat Donderdag laer gesluit het en Asiatiese aandele op pad na ‘n derde week van verliese, weens kommer oor China se ekonomie en vrese dat Amerikaanse rentekoerse vir langer hoër sal bly gegewe ‘n veerkragtige ekonomie. Sommige ontleders het kripto se daling toegeskryf aan ‘n Wall Street Journal-verslag dat Elon Musk se SpaceX sy Bitcoin-bates verkoop het. Musk is invloedryk onder kripto-entoesiaste, en Bitcoin-pryse het voorheen beweeg in reaksie op sy twiets. Die eenheid verhandel net bo 26 000 Amerikaanse dollar.