AfriForum wil alles weet oor Zuma se kwytskelding

AfriForum het ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting by President Cyril Ramaphosa ingedien waarin sleutel-besonderhede van oudpresident Jacob Zuma se vonnis-afslag geëis word. Dit volg nadat Ramaphosa die vrylating van talle nie-gewelddadige veroordeeldes goedgekeur het, insluitend Zuma. Die burgerregtegroep eis onder meer inligting oor begunstigdes, kriteria, maatskaplike uitwerking, raadpleging, rehabilitasie en monitering. Ernst van Zyl van AfriForum vermoed die kwytskelding kan ‘n rookskerm wees om geregtigheid te ontduik: