Onwaarskynlik dat Belarus en Rusland se atlete voor Spele weer toegelaat sal word

Wêreld-atletiek se president Sebastian Coe sê dis onwaarskynlik dat baan- en veldatlete van Rusland en Belarus voor volgende jaar se Olimpiese Spele in Parys weer in die kompetisie verwelkom sal word. Die organisasie het alle atlete van dié twee lande vir die afsienbare toekoms by sy geleenthede verbied ná die Russiese inval in Oekraïne. Die Internasionale Olimpiese Komitee moet nog ‘n finale besluit neem, maar sê atlete behoort as onafhanklike atlete te kan deelneem. Coe sê die atlete word verbied om die kompetisies se integriteit te beskerm.